Ingrid Jonker

Petrovna Metelerkamp

Hemel & See Vermont 2003
"Petrovna Metelerkamp het 'n besonder boeiende boek saamgestel en deur haar kommentaar tot 'n sinvolle geheel omskep. Sy het 'n deeglike en omvattende ondersoek gedoen oor die werk en lewe van Ingrid Jonker en haar materiaal met insig en vernuf georden. Oor al die fases van jonker se lewe en loopbaan verskyn uittreksels uit haar korrespondensie, briewe aan en onderhoude met die pers, sinvol aangevul deur uitsprake van vriende, kollegas en literatore oor die mens en die digter en begelei met manjifieke foto's. Uit die digter se oeuvre is toepaslike verse gekies on die aanbod te voltooi. Op die wyse ontstaan daar 'n unieke dokument."
Lina Spies.

"Metelerkamp bring op 'n skitterende manier vernuwing in die genre van die Afrikaanse biografie, deur 'n uiters leeswaardige en leersame teks, mét estetiese allure."
Helize van Vuuren
- Die Burger, Maandag 4 Augustus 2003

Ingrid_Jonker-1419 1.0.4