Die Buiteveld

John Miles

Human en Rousseau 2003
Die Buiteveld is die verhaal van Smerski, 'n Portugese taalkenner. Tydens sy vakansie in die noorde van Portugal, ontmoet hy 'n jong vrou wat hom aan 'n skildery van Goya herinner. Maar hierdie Isabel bring 'n omwenteling in sy lewe wat hy nie voorsien het nie. En geleidelik word hy gedwing om alles te onthul wat hy tot nogtoe probeer verdoesel het. Soos die bloed aan sy hande en die misterie van sy verdwyning in Angola.

Die skrywer se flirtasie met die magte van die noodlot voer die leser mee op 'n ontdekkingstog van mens ťn omgewing, van kodes en die roetes waarheen verwagting die mens lei sonder dat hy voorsien wat met hom kan gebeur.

John Miles se vorige roman, Kroniek uit die doofpot (1991), is bekroon met die CNA-letterkundetoekenning, die Helgard Steyn-prys en die M-Net Boekprys. Dit is ook in Engels gepubliseer as Deafening Silence, en vir TV verfilm onder hierdie titel.

Vanaf die 12de en 16de euuse strafpale en skandpale op dorpspleine in Portugal tot in Suid-Afrika reis die hoohkarakter in hierdie roman, en peins oor versoening. MeedoŽnloos word die leser aan ou verhale onderwerp: skuld, boete, kolonisasie, identiteit, Afrika, Europa. John Miles se sterkste roman tot dusver. - Ampie Coetzee


Die_Buiteveld-1110 1.0.4