
die sterre sê "tsau"
Antjie Krog
Kwela 2004
/Xam-gedigte van Diä!kwain, Kweiten-ta-//ken, /A!kúnta, /Han=kass'o en //Kabbo, gekies en versorg deur Antjie Krog.
EN dan is daar die Boesmans. Hoe kan 'n mens oor die Boesmans praat sender om in die onsalige "hulle/ons"-slagyster te trap? 0ns weet dan nie eens hoe om hulle te noem nie, en probeer soos ons wil, kan ons hulle nie anders voorstel nie as net die beeld van klein bruin mensies wat van veldkos leef en met karos, deurtrekker en pyl en boog op springbok en eland jag maak en saans skuifelpassies rondom die vuur onder die suidersterre uitvoer. En al het ons hulle nou uit die glaskaste in die museum verwyder en boonop 'n nuwe waardering vir hul rotskuns gevind, kan ons net nie wegkom van die stereotiepe beeld wat so diep in ons Europese bewussyn ingegraveer is nie.
...
Die leser wat geskool is in 'n Westerse estetika word telkens deur die gedigte gedwing om sy of haar idee van poëtiese segging, van beeld en styl en betekenis te heroorweeg. Dit is hier waar die waarde van Krog se verwerkings lê, nie in die romantisering van 'n gewaande oorspronklike kultuur nie, maar in 'n verryking van die eie poësie deur die ontmoeting met 'n ander benadering en weergawe van 'n skynbaar bekende wêreld.
Dit gesê, moet ek beklemtoon dat die bundel 'n aantal aswembenemend mooi gedigte bevat, veral diê wat aan //Kabbo, oftewel Jantjie Tooren, toegskryf is, "liedere van die bloukraanvoël", "/Xam-voorgevoelens", "doodsweeklaag" of "dood op die jagveld".
Hier volg die eerste strofes van "die vrou en die reënbUl" deur /Han=Kass'o:
die reën moak die jongvrou die hof terwyl sy in die hut lê
die reën ruik haar en kom na haar en die hele plek raak mistig
want hy kom na die jongvrou vanweë haar geur
hy kom as't ware aangedraf terwyl die jongvrou in die hut lê
sy lê en ruik die reën
alles word geurig
asof die reën se asem alles afsluit
as of alles in mistigheid gebeur
die jongvrou raak beWus van die reën
toe hy teen haar aankom en sy stert laat sak
sien die vrou hom en vra:
"wie is die man wat hier by my is
wat eers hurk en nou regop staan?"
en sy neem boegoe en druk dit op sy voorkop
sy neem haar karos en bind dit om haar skouers
sy bestyg die reën en die reën neem haar weg
Gunther Pakendorf is verbonde aan die departement moderne en Klassieke tale van die Universiteit van Kaapstad.
die_sterre_sê_"tsau"-43 1.0.4