Ateljee van Glas

Marlise Joubert

Protea Boekhuis 2004
"In die nag was die rotse toe onder water en ek het gedink dat iets verskrikliks hier gebeur het ... Ek mense in die verte en bokant die water se gedruis hoor roep."

Maar wanneer Camille/Milla haar geheue verloor, keer sy telkens terug na die grond waarin sy verborge voel. Dit moet die begin wees, totdat iets anders haar spoor verder neem. "Kyk na my," sÍ sy vir die beeldhouer, "vandag is ek tog heel. Wanneer ek jou sien, word my hart wit soos die melk van koeie as hulle soggens gemelk word. Ek het jou lief. En daarom moet jy uit die blok marmer een groot kraal maak."

Na vyf digbundels en die romans Klipkus (1978) en Oranje Meraai (1996) voer Joubert haar liriese taalgebruik en sterk visuele ingesteldheid tot 'n hoogtepunt: "... want my reis begin met 'n geheue van die son".


Ateljee_van_Glas-1238 1.0.4