Helena Gunter

Helena Gunter het op ’n Rűensplaas, Rhenosterfontein, naby die mond van die Breërivier grootgeword en op Heidelberg in die Suid-Kaap skoolgegaan. Sy behaal ’n BA-graad en ’n Hoër Onderwysdiploma aan die Universiteit van Stellenbosch en onderrig daarna Afrikaans en Geskiedenis aan oa die Hoërskole Strand en DF Malan en aan Paul Roos Gimnasium. Nadat sy ’n Honneursgraad in Afrikaans behaal het deur Unisa, inspireer haar belangstelling in “literatuur as geskiedenis” haar om verder te studeer en behaal sy ’n MA-graad in Kreatiewe Skryfkunde aan die Universiteit van Stellenbosch, met spesifieke klem op postkoloniale terugskrywing in Afrikaans. Helena het twee kinders, Hannes en Petro-Anne Morkel, is getroud met Gerrie Smit en woon op Stellenbosch. Op ’n plaas in Afrika is haar debuutbundel en is so pas (18 Maart 2008) met die Eugčne Marais-prys bekroon.

Bron: Die Burger


gunter-helena.jpg-1268 1.0.4