Henk van Woerden

Henk van Woerden, die Nederlandse skrywer en skilder wat 'n deel van sy jeug in Kaapstad deurgebring het, is Woensdag in sy slaap oorlede.

Hy het onder meer 'n roman, Een mond vol glas (deur Antjie Krog in Afrikaans vertaal as Domein van glas) geskryf oor Demetrios Tsafandakis, oftewel Tsafendas, die moordenaar van Hendrik Verwoerd.

Sy debuutroman, Moenie kyk nie, beskryf die lotgevalle van 'n Nederlandse gesin wat in die jare vyftig na Suid-Afrika verhuis het. Ook sy tweede roman, Tikoes, handel deels oor Suid-Afrika en in die tweetalige bloemlesing van gedigte deur Ingrid Jonker, Ik herhaal je, wat hy saam met Gerrit Komrij saamgestel het, is sy lewenskets van Jonker, "De Dag Kent een Lange Schaduw", opgeneem. Sy laaste romans was Notities van een luchtfietser en Ultramarijn.

Van Woerden het onder meer die Geertjan Lubberhuizen-letterkundeprys, die Alan Paton-toekenning, die Frans Kellendonkprys en die Michaelis-skilderprys ontvang. Sy werk is in verskeie tale vertaal.

Bron: Gerrit Brand, Die Burger 19 November 2005


vanwoerden-henk.jpg-742 1.0.4