vuurklip

Vuurklip Google
Jarre (soos in baie!) gelede, voor kind of kraai of vrou: dit was Kersfees en ek besluit om op my eie die Serderberg te verken. Daardie dae was die berg nog onder Bosbou se beheer en daar was nie juis objeksie teen alleenstap nie.

Ek het my dagroetes sů beplan dat ek elke dag se doelwit teen middagete kon bereik - as daar vroeg genoeg opgestaan word - wat in Desember se warm weer nie moelik is nie. Van AlgeriŽ was die plan Middelberg, Sleeppad, Klein Hartseer, Groot Hartseer, Boontjieskraal, Groot Koupoort en dan met 'n lang draai weer tot by AlgeriŽ.

Waarvan ek wil vertel, het by Boontjies gebeur. Boontjieskraal is 'n gelyk vlakte tussen tipiese Serberg skurweklip rantjies. Van Groot Hartseer se kant af, stap jy deur 'n klofie wat skielik voor jou wegval, en daar lÍ Boontjieskraal met die hut so omtrent in die middel. Aan die ver kant van die vlakte, loop die voetpaadjie teen 'n steil nek uit - die Koupoort.

Die Desembermaand was baie nat - die vlakte was soos 'n spons en dit was moelik om dit droogvoets oor te steek - en toe ek die klofie deur is en die vlakte voor my oopgaan, kon ek die hut eers nie sien nie - voor my staan 'n plaat pienk Watsonias, skouerhoog - die hele vlakte vol - 'n vlammesee wat aanhou brand! Op 'n droŽ kol langs die stroompie wat deur die vlakte loop, het ek die aand my slaapsak uitgeskud en lÍ gekry vir die nag - mŰre is die son vroeg warm en dan wil ek al Koupoort se steiltes uit wees.

In die vroeŽ oggendure begin ek toe mos te droom - 'n ou man stap tussen my en die stroompie verby - gevolg deur 'n groot wolfhond. Die hond kom op my af en vat my pols tussen sy kwylende kake vas - hy byt nie hard nie - dis eerder 'n speelse vasbyt. Ek wikkel my arm los en trek dit in die slaapsak in - maar die hond gryp my arm weer vas - deur die slaapsak en speel daarmee soos met 'n stok.

Met diť word ek wakker. Bo teen die kranse hoor ek die bobbejane opgewonde blaf en tekere gaan - al is dit nog stikdonker.

Later, na koffie en ontbyt en die lug nog die kleur van die Watsonias, is ek al halfpad die Koupoort uit - en daar, in die fyn sand van die voetpaadjie, lÍ hulle. Vars en duidelik ingetrap - soos die spore van 'n groot hond.

Maar in die Sederberg is daar mos nie honde nie?

 Ek verwelkom kommentaar - skryf hierheen:

Sederbergstorie-4227 1.0.4       © Joop Dullaart 2002       v1.1.3      

Host: JCW