|
|
| vuurklip Afrikaans Terug na Gedigte Vuurklip Google | Elisabeth Eybers uit Gedigte 1958-1973 dagdroom Ek het jou brief gelees terwyl ek eet, die woordesoet het oor my tong gesprei. Verby die aardse brood het ek gestaar dwarsdeur die bome in die raam, dwarsdeur die grys wolkeplafon tot in die paradys waar alles lig en helder is. En net soos in die Bybel was ons naak en het ek, aangekla, gou hom die skuld gegee wat skemerig sis. . . toe ek opeens gewaar dat ek my halfgerookte sigaret aftik in my twee-derde koppie tee. |
|   | Ek verwelkom kommentaar - skryf hierheen: |
Host: JCW