vuurklip

Bestek
   Deel 1b
   Deel 2b
   Deel 3b
   Deel 4b

Terug na Eie Werk

Vuurklip Google
Bestek Deel 1
vervreemding

mense val my Šf
soos bas van 'n bloekom

my jaarringe sluit
al meer en meer uit

en eendag as ek brand tot as
weet niemand hoe alleen ek was


oerknal

in die oerknal word
na baie kort
die ganse heelal
uitgestort

ons kennis
van die kosmos
van kwark tot kwasar
skyn kompleet

feite en teorieŽ wemel
soos snags sterre
aan die hemel

deur soveel weet
is ons verblind
die donker word vergeet


rekenaar

die rekenaar
kan met die mips
van sy binÍre brein
'n mens se klein vermoŽ
met nulle en met ene
geheel en al eklips
maar:

hoef nie die lewe te begryp
en is ontdaan van wroeg en wik
om oor sy toekoms te beskik

en sal verlange, leed en pyn
in verse nooit beskryf
nůg ander menslike bedryf
wat spruit uit bloed en brein
in sy meganistiese bestaan
ooit in kan lyf


 Ek verwelkom kommentaar - skryf hierheen:

Deel 1b-2930 1.0.4       © Joop Dullaart 2002       v1.1.3      

Host: JCW